Local newsNews

Huis brand in Bloedrivierstraat

’n Dik swart rookwolk het honderde mense Vrydagmiddag gelok na ’n huisbrand in Bloedrivierstraat (Aerorand).

Verskeie brandweerwaens, onder andere van Columbus, het gespook om die vlamme onder beheer te bring.

In hulle bloeddorstigheid om deel van die aksie te wees, was daar ook ’n motorongeluk.

Omstanders is gevra om die toneel te verlaat, omdat daar vrese was dat die rook giftig kan wees.

Verskeie riemtelegramme het deur die dorp gevlieg, onder andere dat twee huise afgebrand het, wat nie waar was nie.

Die skade is nog nie finaal bepaal nie maar kan der duisende rande beloop.

Lees meer in vanmiddag se Dinsdag Middelburg Observer oor die brand.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button