Local newsNews

Verkeerde diagnose by hospitaal gemaak

'n Leraarsvrou moet 'n vierde operasie ondergaan, nadat sy aanvanklik vir 'n sist op 'n eierstok behandel is en haar blindederm eintlik gebars het.

Me. Antoinette Swanepoel (29) het al 10kg verloor sedert sy in November siek geword het en, buiten ‘n lang pad na herstel, lê bykans R100 000 se doktersrekeninge nog soos ‘n berg voor haar en haar man, past. Neels Swanepoel.

Past. Swanepoel vertel dat sy in November gekla het van erge pyn oor haar buik en hy haar dadelik gehaas het na die Middelburg Hospitaal, aangesien hulle nie ‘n mediese fonds het nie.

Met hul aankoms is me. Swanepoel vir ‘n sist op haar eierstok behandel.

Agt dae later kon sy nie meer die pyn hanteer nie en het hulle ‘n ginekoloog gaan sien. Die dokter het hulle meegedeel dat me. Swanepoel se blindederm gebars het en het vir haar ‘n noodopnamebrief gegee om saam te neem na die Witbank Hospitaal.

Daar was hordes pasiënte voor haar in die ry en me. Swanepoel se toestand was so kritiek, dat past. Swanepoel besluit het om met haar na die Life Midmed Hospitaal te jaag.

Op 5 en 6 Desember is daar twee noodoperasies gedoen. Op 15 Desember het ‘n derde operasie gevolg waartydends gedeeltes van haar maag weggesny moes word, weens die infeksies en die skade wat dit aangerig het.

Tydens een van die operasies het me. Swanepoel ‘n kolonoskopie sakkie gekry en sal ‘n verdere omkeeroperasie binnekort gedoen moet word.

“Ons bid al van Desember af en leef nou net op geloof. Die rekeninge was op daardie stadium R153 000 en het al gekrimp tot R92 000. Ons sal egter die grootste gedeelte daarvan moet betaal, alvorens daar weer op my vrou geopereer kan word.

Ons vertrou nou net op die Here en die goedhartigheid van die gemeenskap om ons deur hierdie tyd te help.”

• Past. Swanepoel hanteer die klein bediening by die Vergeet My Nie Aftree-oord en sê dat sy inkomste uit die bediening nie hierdie kostes kan dek nie. Hy probeer ook al maande om nog ‘n ekstra werk te kry om vir al die uitgawes te probeer betaal.

Persone wat bydraes wil lewer, kan past. Swanepoel bel by 073 342 9772 of 083 613 1430. Mense wat nie aan homself die geld wil oorbetaal nie, kan die rekeningnommers van die hospitaal en dokters by hom kry.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button