Kind raakgery voor skool
'n Graad twee dogtertjie van Laerskool Staatspresident C.R. Swart is Dinsdagoggend, voor dié skool deur 'n minderjarige bromponieryer getref. Die dogtertjie is gelukkig gering beseer.
Volgens skoolhoof, mnr. Pieter Fouché, was dié leerling, Leane van Eeden, laat vir skool en het die padpatrollielede reeds verdaag.
Haar ouma, me. Marie Coetzee, het háár saam met nog een van die kinders onder haar sorg, afgelaai oorkant die skool.
Toe Leane die pad oorsteek, het die meisie op die bromponie aangery gekom en haar by die voetoorgang met die fiets se handvatsel gestamp, waarna Leane geval en haar kop die teerpad getref het. Leane is na die Life Midmed hospitaal geneem, maar weer ontslaan.
Volgens mnr. Fouché het die meisie op die bromponie self ligte beserings aan haar arm opgedoen. Haar naam is nie bekend gemaak nie.
Kleine Leane sal Maandag weer terugkeer skool toe. Me. Coetzee doen ‘n beroep op motoriste en fietsryers om veilig te bestuur, veral by ‘n voetoorgang… “Ons kinders vandag is ons kinders se kinders môre”.



