Local newsNews

‘Hospitaal het ons pa vermoor!’

"Die Middelburg Hospitaal het ons pa vermoor," sê twee plaaslike susters wat nou regshulp inwin oor hoe om die hospitaal te laat boet vir "skreiende nalatigheid".

Stephanie Lottering en haar suster, Belinda Janse van Rensburg, se pa Coenraad Janse van Rensburg, is op 1 Februarie dood na gereelde opnames in die hospitaal vir ‘n kroniese longkwaal.

Ten spyte van duidelike instruksies op sy lêer, dat mnr. Janse van Rensburg nié met penisillien of jodium behandel moet word nie, weens allergie, is hy voor sy dood gereeld penissilien bevattende antibiotikums gegee.

Die susters sê dat as gevolg van die voortdurende penisillien behandeling, mnr. Janse van Rensburg, Stevens-Johnson sindroom opgedoen het en erg gely het voor sy afsterwe.

hospi_581949163

Die sindroom is ‘n dodelike velsiekte wat veroorsaak word deur selle wat doodgaan en die epidermis van die dermis laat skei.

Dit word hoofsaaklik veroorsaak deur toksiese reaksie op medikasies, soos penisillien.

Mnr. Janse van Rensburg se hande, voete, bene en pelvis area was voor sy dood so oortrek van blase en velinflamasie, dat hy nie eens ‘n doek kon dra nie.

Stephanie sê sedert sy ontslag uit die hospitaal in Julie 2014 met medikasie in die hand, het die probleme begin.

In Januarie is mnr. Janse van Rensburg weer opgeneem en met sy ontslag is medikasie wéér voorgeskryf.

“Daar is die heeltyd penisillien bevattende antibiotika vir hom voorgeskryf, en een oggend toe ons by hom kom, was sy bene so rooi dit het gelyk of hy verbrand het,” vertel sy bitter.

hospi_628662336

Op 15 Januarie, lank voor sonop, het sy kliniek toe gejaag met haar pa, waar ‘n suster haar ‘n opnamevorm gegee het en beveel het om hom dadelik te laat opneem.

Op die vorm het die suster die diagnose van Stevens-Johnson sindroom gemaak, en dit is ook so deur dokters in mnr. Janse van Rensburg se lêer opgeteken.

“Ek het met elke opname in die hospitaal dit duidelik op die vorms gemerk dat my pa allergies is vir penisillien, dit is keer op keer so in sy lêer aangeteken,” sê Stephanie.

Tog, met haar volgende besoek aan haar pa, het sy weer ‘n Augmentin drup aan sy arm opgemerk.

“Ek het vir die dokter, ‘n ene dr. Dlamini, gesê hy mag nie die medikasie ontvang nie, maar sy’t bloot vir my gesê dis al wat daar is en dat hy gemonitor word,” sê Stephanie.

Die verskoninkie is aangebied nadat Stephanie haar met die lêer voor studente dokters gekonfronteer het.

“Dr. Dlamini het aanvanklik met my gestry dat daar niks in sy lêer daaroor opgeskryf staan nie, en haar vererg en haar tong geklap toe ek haar verkeerd bewys”.

Die volkome leêr, tot en met sewe dae voor mnr. Janse van Rensburg se dood, is in die Observer se besit.

Die koerant kan bevestig dat mnr. Janse van Rensburg se allergieë wel op talle plekke in die lêer aangeteken is. Die koerant is ook in besit van ‘n inskrywing van die einste dr. Dlamini op een van haar verslae waar haar eie diagnose “ernstige Stevens-Johnson sindroom,” geskrywe staan.

Mnr. Janse van Rensburg het ook nie ‘n geel armbandjie ontvang soos hospitaalreëls dikteer vir allergieë nie.

“Ons is regtig sprakeloos, die dokters gee nie ‘n dooie duit oor pasiënte om nie, dis blatante wanpraktyk en nalatigheid,” sê Stephanie wat prokureur, Danie Koekemoer, sal instruksies gee om namens die gesin ‘n eis teen die gesondheidsdepartement in te dien.

hospi_642312281

Die voormalige hospitaalhoof wat sy pos twee weke terug ontruim het, dr. Philemon Lethlalo, sê dat indien mnr. Janse van Rensburg wél allergies was vir penisillien, sy anafilaktiese skokreaksie met toediening daarvan, “onmiddellik en dodelik sou wees”.

Hy twyfel dus of die sindroom daaraan toegeskryf kan word, en eerder aan infeksie weens ernstige chroniese obstruktiewe longdisfunksie.

Hy het die Observer na die nuwe hoof, mnr. Pat Masibuko verwys wat die koerant weer na die hoof van die dokters – dr. Ntuli – verwys, wat weer die koerant na die gesondheidsdepartement verwys het.

“Dis net vir my vreemd dat die sindroom kop uitgesteek het sedert hy deur die hospitaal behandel is, en hoekom hy so blitsvinnig agteruit gegaan het, nou is dit maklik om net skouers op te trek en die wanpraktyk van die een verantwoordelike na die ander te gooi!”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button