Local newsNews

Boere het gewaarsku

Beide mnr. Johan Ligthelm (oor wie se grond die grootste gedeelte van die pad na Somapepa loop) en sy buurman, mnr. Anton Coetzee (van die plaas Wonderhoek), sê dat die stadsraad éérs die plaas in die middel van 'n klomp plase gekoop het en toe begin beplan het.

‘n Stuk grond wat aangrensend was met die pad, was wel beskikbaar vir verkoop.

Nou moet alle inwoners van Somapepa oor sowat vier plase pendel om by hul wonings uit te kom.

Mnre. Coetzee en Ligthelm sê daar is met die stadsraad gepraat voor die ontwikkeling van die woongebied en dat hulle hierdie probleme voorsien het.

Mnr. Coetzee het gesê dat daar selfs vergadering gehou is met die polisie oor die probleme op hul plase en dat die polisie onderneem het dat hulle ‘n satellietstasie by Somapepa sou oprig. Tot op hede het dit ook nie gebeur nie.

“Somapepa is reg langs my plaas. Dit wat gesteel kan word, het hulle al gesteel, vee, staal, kilometers draad, pale en mielies. Ek is bang om bymekaar te begin tel, want ek wil nie moedeloos raak nie!” Hy sê dit is nie al die inwoners van die woongebied wat moeilikheid maak of steel nie, “maar één aartappel maak die hele sak vrot.”

Hulle het ‘n erge probleem met minderjariges wat hul pasgebore kalfies steel “en mens mag niks aan hulle doen nie!”
Mnr. Coetzee sê hy “gaan nie opgee nie.” Hy het baie wildsbokke op sy plaas en sowat 1 000 beeste en het ‘n erge probleem gehad met wilddiewe wat met honde jag.

Grootste boord in Afrika vernietig

Hy het nou swartwildebeeste gekoop “wat ‘n natuurlike beheermaatreël is.”

• Mnr. Piet van der Walt, van die aangrensende Bankfonteinplaas is net so moeg vir die diefstalle. “Hulle jaag sommer hul diere in ons lande in. Kamp jy die lande af, dan kom die donkies sommer huis toe. As die honde in die nagte blaf, weet jy nie meer of dit donkies of misdadigers is nie.

Maar ‘n mens kan weens die gevaar nie uitgaan en gaan kyk nie!”

Een van sy werkers het verlede week vir hom kom sê dat hy ‘n klagte by die polisie gaan lê het oor die geweldige dwelmsmokkelary by Somapepa.

“Hierdie dinge maak die werk vir ons as boere soveel moeiliker. Maar ek moet boer, ek kan nie anders nie, dit is ons lewe.”

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button