Local newsNews

Skeerbek uit swembad gered

"Hier is 'n mol in my swembad!" Anneliza Erwee het foto's van 'n bedremmelde diertjie, wat hulle met 'n swembadnet uit die water gevis het, op Facebook geplaas.

Daar is gespekuleer dat dit dalk ‘n klaasneus muis of shrew soos wat dit in Engels bekend staan, kan wees.
Een van die uiters skaars goue molle, wat net op sekere plekke voorkom en dikwels tot hul einde in iemand se swembad kom, was dit nie.
Klaasneus of skeerbekmuise is ondanks hul naam glad nie knaagdiere soos muise nie.
Hulle eet insekte, is nader aan molle verwant en daar is amper 300 verskillende spesies reg oor die wêreld.
Mev. Erwee sê dat hulle eers probeer het om vir die diertjie, wat sy sê skaars ‘n paar sentimeter groot was, ‘n erdwurm te voer.
“Dit het gelyk asof hy homself dood skrik vir die erdwurm wat amper so groot soos hy was.”
Hulle het die diertjie toe op hul komposhoop vrygelaat waar hy blitsvinnig tussen die blare verdwyn het.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button