Herinnering aan Johan Hendrik Viljoen
Familie en vriende: In liefdevolle herinnering aan Johan Hendrik Viljoen, beter bekend as Oupa Jous (gebore 08/08/1923, oorlede 23/01/2015).

Johan (91), ’n oud-inwoner van Middelburg en Rietkuil Kragstasie is na ’n siekbed van sowat twee maande oorlede. Hy word oorleef deur sy gade van 69 jaar, Wilhelmina (88), kinders, klein- en agterkleinkinders.
Hy word ook oorleef deur menige aangetroude familie, waarna hy en sy vrou gereeld verwys het as hulle “laslappies wat almal sorgvuldig uitgesoek en aangewerk is, en dat niks hulle ooit weer sal kan lostorring nie.”
Ons sal hom onthou vir sy nederigheid, opregtheid, openlike verhouding met die Here, asook die onberispelike voorbeeld wat hy vir almal gestel het.
’n Spesiale boodskap van Wilhelmina: “Ek sal altyd ons kabouter-nagsê onthou my liewe man.”
Die begrafnis is Woensdag (28 Januarie) om 11:00 uit die NG Moedergemeente.
• Persone wat kontak wil maak met die gesin, kan Stella (083 632 4051) of Wilhelmina (083 632 0500) kontak.



