Local newsNews

Hond na twee maande gekry

Middelburg se eie "Lassie", beter bekend as Casey, het vir 'n volle twee maande sonder haar mense rondgeswerf.

Me. Ronél Bezuidenhout sê Casey, ‘n pragtige kolliehond, het op 5 November met Guy Fawkesdag vanaf hul huis in Proteastraat gevlug, toe daar klappers in die omgewing geskiet is.

Hulle het vir dae aaneen na haar gesoek en selfs op Facebook geadverteer, maar Casey het soos ‘n groot speld verdwyn.

Senior inspekteur Petro Oberholzer (bestuurder, Middelburg DBV) sê personeel van die munisipaliteit se werkswinkel (hoek van Walter Sisulu- en Proteastraat) het hulle verlede week gekontak en gesê dat daar ‘n hond bly in een van die pype in die veld oorkant hul ingang.

Hulle het dadelik die hond gaan haal.

Sy was baie maer en hulle het na die eienaars begin soek.

Vriende van die Bezuidenhouts was oor die naweek by die DBV, waar hulle vir Casey herken en me. Bezuidenhout laat weet het.

“Ek was só bly dat sy weer veilig tuis is, dat ek haar sommer tussen my en my man op die bed laat slaap het!” het me. Bezuidenhout opgewonde uitgeroep.

Sy het gesê dat Casey se kussinkies onder haar pote stukkend geloop was.

Hulle het haar veearts toe gevat om seker te maak dat sy nie enige siektes opgedoen het nie en voer haar allerlei lekkernye soos biltong en droëwors om te help dat sy weer gewig optel.

“Dink net hoe koud het sy gekry in die reën, want ons het haar die week voor sy weggeraak het laat skeer. Ek wens hulle wil klappers in ons land verbied!”

• Die Observer het in Augustus verlede jaar berig oor “Kietie” die kat wat vanaf Middelburg na Hibberdene toe teruggeloop het na die huis wat hy geken het. Die kat het die afstand van sowat 800km in ‘n tydperk van vyf maande afgelê en ook sy kussinkies was flenters geloop.

•Lassie was ‘n 2005 film oor ‘n kolliehond wat gebasseer was op die boek Lassie Come-Home.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button