Local newsNews

Verhaal van die twee varkies

Twee klein varkies het 'n ongewone aanneemma gekry...'n hond!

Daisy, ‘n Jack Russell, wat behoort aan me. Cornelia de Wet van Carolina het haar ontferm oor twee varkies, Seuntjie en Meisiekind, na hulle ses weke gelede van hulle eie ma weggeneem moes word.

Die varkies se ‘biologiese’ ma, wat behoort aan me. De Wet se broer, ‘n varkboer van Belfast, mnr. Jan de Wet, het die res van haar werpsel vermoedelik doodgelê en verwerp en me. De Wet het besluit om die twee varkies wat oorleef het na haar huis toe te neem en self groot te maak.

Kort voor lank het Daisy se moederlike instink ingeskop en het sy in hulle hokkie gespring en as haar eie aangeneem.

“As ek vir Daisy sê: ‘Hoor hoe huil jou kinders’ dan spring sy dadelik saam met hulle in hul hokkie, ek het nog nooit so iets gesien nie,” sê me. De Wet. Daisy het al vantevore ‘n ander hond se twee kleintjies aangeneem en het melkkliere ontwikkel en hulle grootgemaak.

Toe die varkies in die prentjie kom het Daisy nog melk gehad en het sy toegelaat dat ook hulle aan haar drink.

Die Jack Russell is so besorg oor haar varkkinders dat sy nie toelaat dat vreemde mense naby hulle kom nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button