Local newsNews

MHS – Matriekuitslae 2014

Middies se matrieks het weereens nie teleurgestel nie en het puik presteer tydens 2014 se matriekeindeksamen.

Voor in die ry van prestasies staan Nicole Jansen van Vuuren met sewe A’s. Sy was MHS se dux-leerder in 2014 en dwarsdeur haar skoolloopbaan op die top 10.

Sy is ook ’n kranige tennisspeler wat vanaf Graad agt in die skool se eerste span gespeel het. Haar kop staan in ’n mediese rigting.

Esaias Steyn, Middies se hoofseun van 2014, hou die seuns se naam hoog met sy sewe onderskeidings. Sy opstel, “Deur my kamervenster” is in 2014 deur die FAK Afrikaanse Skole-Ekspo aangewys as die wenner. Sias gaan BCom Rek by Tuks studeer.

Kaila Deale kan ook sewe A’s agter haar naam skryf. Hierdie pragtige Middie gaan in 2015 fisioterapie by Tuks studeer.

Gustav Brandmüller spog met ses A’s, sy kop staan Kaap toe, waar hy B Rek.LLB by Stellenbosch gaan studeer.

Elmar van Wyk het ook ses onderskeidings behaal, hy gaan Argitektuur (BSc Arch) by Tuks studeer.

Anneri Coetzee en Jana Kruger behou die balans en hou die dogters se naam hoog deur ook elkeen ses A’s los te skryf.

Aneeka John, Munnik Hertzog en Kirsten Grant behaal elk vyf onderskeidings.

Gallery en Video!

Die volgende vier leerders het elkeen vier A’s:

Sonika Kotzé, Ben Ainsworth, Roxanne Bresler, JJ Lombaard en Mariana Rossouw.

17 leerders behaal elk drie onderskeidings:

Lauren Ludick

Zanri Theron

Charné Strydom

Hendrik Horn

Marjon Williams

Danelle Groenewald

Ruan de Villiers

Marion du Toit

Dané Dooge

Ruben Zwart

Wendy Mhlupheko

Mikayla Viljoen

Dillon Venter

Claudia-Lee van Lingen

Maritza Kruger

Twading Nkosi

Janke Mulder

’n Volle 99 leerders uit 182 verteenwoordig 54,4% van die groep, wat kwalifiseer vir Bachalareus (graad) studies by ’n universiteit, ’n verdere 39,01% of 71 leerders kwalifiseer vir diploma studies.

In totaal behaal die 182 leerders 213 A’s, 271 B’s en 289 C’s. Die algehele gemiddeld van die 2014 groep is 62,84%.

MHS se hoof en personeel wens elke leerder baie sterkte toe, “weet verseker ons gaan julle vordering met belangstelling dophou. Ons sien daarna uit om julle as oud-Middies te verwelkom!”

Al die leerders met drie en meer onderskeidings ontvang op 14 Januarie tydens saalopening ’n koevert met kontant vir elke onderskeiding behaal. “Ons nooi hierdie leerders en hulle ouers hartlik uit na die eerste saalopening van 2015.”

Gallery en Video!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button