Een leerling kwalifiseer vir die aanvullende eksamen en die skool spog met ’n slaagsyfer van 99%.
Presies 95% van 2014 se matrikulante kwalifiseer vir verdere studies by tersiêre inrigtings.
Hoërskool Kanonkop spog ook met ’n 100% slaagsyfer (geen vak-druipelinge) in die volgende vakke: Afrikaans Huistaal, Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Engels Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, Rekeningkunde, Toerisme, I.G.O., Meganiese Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Gasvryheidstudies, Besigheidstudies, Geografie, Lewensoriëntering, Rekenaartoespassings Tegnologie en Wiskunde Geletterdheid.
Sherilene Gelderblom het vier onderskeidings, Micaela Simpson drie onderskeidings en Chandré Joubert drie onderskeidings.







