Local newsNews

Dorp kry Cambridge Akademie

Daar word al lank onderhandel met die munisipaliteit om 'n Cambridge Kollege hier te vestig, en die Geloftefeesgrond, agter Krugerdam in Aerorand, is geïdentifiseer as 'n gepaste area vir die onderwysinstelling.

Die munisipaliteit was lank in hofsake gewikkel weens die verkoop van die grond, en die saak is na maande buite die hof geskik.

Na die geregtelike rompslomp het die munisipaliteit dit egter goedhartiglik gedink om dié stuk grond vir die ontwikkeling van ‘n Cambridge Kollege, op te rig.

Die ooreenkoms was dat die akademie slegs die R250 000, wat die munisipaliteit gekos het om die terrein netjies te ommuur, sou kos maar die kollege het intussen aansoek gebring vir reserwes rondom die Geloftefeesterrein.

“Ek het reeds ‘n verslag saamgestel, wat gedurende Desember se sitting voor die raad sal dien, oor die aansoek om ‘n groter stuk grond,” het die munisipale bestuurder, mnr. Willie Fouché, Maandag bevestig.

Mnr. Fouché, wat Maandag nog net 59 amptelike dae as munisipale bestuurder oorgehad het, sê die vestiging van die kollege is vir Middelburg krities belangrik.

Die dorp bars uit sy nate en bestaande skole sukkel reeds om plek te bied vir al die dorp se kinders.

Die kollege, beoog om al drie vlakke, naamlik pre-primêr, junior en senior, aan te bied, en derhalwe is die aansoek vir ‘n groter stuk grond, gebring. “Hoe gouer die grondsake afgehandel word, hoe beter vir die dorp,” sê mnr. Fouché.

Hy sê hy kan geen probleme voorsien, met die beplande vestiging van die skool nie.

•Groot gedeeltes van die R250 000 muur wat om die terrein opgerig is, het reeds gekantel of is weggedra. Die munisipaliteit is bewus hiervan, sê mnr. Fouché.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button