Local newsNews

Video: ‘n Veer vir Verkeer

Die Middelburg Verkeersdepartement verdien 'n veer in die hoed, nadat hulle Maandagmiddag 01 Desember verskeie ongelukke voorkom het deur beeste uit die pad te hou in Kanonkop.

Inwoners was Maandagmiddag verstom toe ‘n groot trop beeste staan en wei op die groen gras tussen Kanonkop en die Stoffbergpad.

Die verkeersdepartement was binne minute op die toneel en die vier lede (drie mans en ‘n vrou) het heen en weer tussen Kanonkop en die Stoffbergpad gedraf om te keer dat die diere nie in die pad inhardloop nie.

Hulle het op ‘n stadium besluit om die diere aan te jaag na die skut toe, aangesien dit gelyk het of daar niemand is wat na die beeste omsien nie.

Asof uit die niet het die beeswagter, mnr. Simon Makusonke, aangedraf gekom.

Hy was aggressief toe die verkeerslede sê dat hulle hom sal moet beboet. Volgens hom behoort die beeste aan ‘n “magistrate”.

Voordat die verkeersmanne kon keer, het mnr. Makusonke die beeste oor die pad aangejaag en moes die verkeerslede die verkeer weerskante op die Stoffbergpad stop, sodat die diere ongedeerd oor die pad kon beweeg. Mnr. Makusonke het saam met die beeste in die vlakte in verdwyn.

• Kyk hoe die beeste in Kanonkop wei en later oor die Stoffberpad aangejaag word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button