Local newsNews

Video: Bussie-drie onskuldig!

Die drie mans wat nasionale voorblaaie en selfs Sky News gehaal het, oor ’n geveg by die ingang van Dennesig verlede jaar, is onskuldig bevind.

Mossie Moss, Ernst Hartzenberg en Johnny van Eeden, is Woensdag in die streekhof deur landdros Johan de Klerk onskuldig bevind op al die klagtes, waaronder poging tot moord.

Hy het bevind dat die staat nie bo alle twyfel kon bewys dat die mans skuldig was nie.

“Waar is al die joernaliste wat ons so gejag het en dit ’n rassekwessie gemaak het nou?” vra hulle.

Die verhoor Dinsdag en Woensdag, het ook vir ’n paar vreemde voorvalle gesorg.

Veral Justice Monareng, een van die getuies vir die staat, is by meer as een geleentheid oor die vingers getik vir sy houding in die hof.

Hy het op een stadium die drie mans se regsverteenwoordiger, mnr. Gerhard van Zyl, toegesnou, “jy moenie met my wielie walie speel nie.”

Die getuienis was teenstrydig met hul verklarings verlede jaar. In een se verklaring het hulle mnr. Van Eeden die “big, fat, giant bodybuilder” genoem. Mnr. Moss is in ’n verklaring “egghead” genoem.

Die verhoor volg na ’n voorval op 9 Februarie verlede jaar, waar daar ’n onderonsie was tussen insittendes van twee bussies en die drie mans.

Die drie mans het vertel dat ’n werknemer van Mpumalanga Sandblasting teen mnr. Hartzenberg se voertuig urineer het en dat een van die insittendes van die bussie ook mnr. Moss se twaalfjarige dogtertjie uit die voertuig probeer pluk het by ’n stop/ry (padverlegging) op die Loskopdampad.

Die oomblik toe hulle by die Dennesig ingang stop, het die twee bussies ook stilgehou.

Lede van die Kanonkop/Dennesig/Middedorp Radiogroep het opgedaag en iemand het vanuit ’n voertuig op die groep losgetrek met ’n verfbalgeweer.

Van die insittendes is later in die hospitaal vir beserings behandel, maar kon nie presies onthou deur wie hulle aangerand is nie.

Toe die drie mans later polisiestasie toe is om verklarings af te lê, is mnr, Moss se kar vol duike geskop, deur mense wat deel was van die groep. R20 000 se skade is aangerig.

Die drie is gearresteer omdat hulle, volgens die klaers van Mpumalanga Sandblasting, die geveg “begin het”.

• Die drie mans het ná die uitspraak gesê dat hulle “bly is dit is verby. Dit was die 24ste keer dat ons hof toe is! Middelburg is ’n klein gemeenskap en daar was mense wat gedink het ons is rubbish!” het mnr. Hartzenberg gesê.

• Buiten die skade wat hom R20 000 uit die sak gejaag het, moes mnr. Moss ook betaal vir berading vir sy dogter.

• Hulle skat die verlies aan inkomste, omdat hulle so baie hof toe moes gaan, saam met hul regskostes, op sowat R100 000.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button