Local newsNews

Otto blink in 2014

’n Graad agt leerling van Hoërskool Kanonkop het die afgelope jaar uitsonderlike prestasies in perdesport behaal.

Otto Vogel het vir beide uithouritte en skouspring provinsiale kleure verwerf en die volgende prestasies behaal:

Uithouritte (met Armika Afire Within):

• April 2014: Verteenwoordig Mpumalanga tydens Drienasies te Parys oor 120km en behaal 16e plek onder die junior ruiters.

• Julie 2014: Neem deel aan sy eerste Faurismith oor 201km en eindig 20e uit 108 junior ruiters waarvan 58 die rit voltooi het.

• Oktober 2014: Verteenwoordig Mpumalanga by SANESA op Betlehem en behaal ’n 10e plek.

Otto is lid van die Loskopvallei Uithouritklub en tydens hulle jaarlikse afsluiting en prysuitdeling ontvang hy toekennings as junior ruiter, beste junior ruiter van die jaar, asook algeheel die toekenning vir perd van die jaar in die klub vir prestasies gelewer.

Skouspring (met Mahashi Le Visa):

• Verteenwoordig Mpumalanga in vier items tydens die SANESA Kampioenskappe in Pretoria en ontvang ’n silwer medalje saam met Abbigail de Witt in die gekombineerde ruiterkuns afdeling.

• Tydens SANESA se jaarlikse prysuitdeling ontvang hy toekennings vir die beste hoërskool prestasies in uithouritte en ontvang die trofee saam met Abbigail de Witt vir beste prestasie in hul klas vir gekombineerde ruiterkuns.

• Hy ontvang ook die trofee as Victor Ludorm vir hoërskole in Mpumalanga.

Otto is sy Skepper dankbaar vir die talente wat hy ontvang het en die geleenthede om aan hierdie sport te kan deelneem met soveel sukses.

Hy wil ook graag sy ouers bedank, sy afrigter Rika Kok van Pienaardam vir al haar hulp en bystand, asook Sonja Greylingh, Attie en Melanie Bezuidenhout waarsonder hy dit nie sou kon doen nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button