Local newsNews

Miljoen plus se skade na trokke bots

Skade van oor 'n miljoen rand is aangerig, toe 'n plaaslike Twizza trok, van agter teen 'n Ashna suikertrok gebots het op die Roedtan-pad.

Sprake dat die Ashna trok of bitterlik stadig gery het, of selfs stilgestaan het in die baan, kon nie deur die polisie of nooddienste bevestig word nie.

‘n Verdere bewering dat die Ashna trok se ligte nie gewerk het nie, word ook deur die polisie ondersoek.

“Dis ‘n oop, reguit pad,” het paramedici wat op die toneel was aan die Observer se susterskoerant, Die Daller gesê, oor hulle vermoedens dat die trok wel stilgestaan en sonder ligte gekruie het.

Twizza bestuurder, mnr. Wessel Doubell, het Donderdag gesê dat sy drywer ontslaan is, maar afgeboek is vir die res van die week, en hy derhalwe nog nie ‘n geleentheid gehad het om met hom te praat oor die gebeure nie.

Hy sê ‘n trok vervoer normaalweg 32 palette koeldrank met ‘n vragwaarde van ongeveer R110 000 per trok.

Die koeldrank is saam met die trok bokveld toe, en ‘n nuwe trok ter waarde van R1,3 miljoen is reeds na oorleg met die maatskappy se versekeraars, bestel.

Mnr. Doubell sê die impak van die botsing was so enorm, dat die trok se perd heeltemal afgeskryf is, en hom ook laat vermoed, dat die Ashna trok moontlik stilgestaan het.

Die Roedtan polisie was baie onbeholpe en het aangedring op ‘n skriftelike versoek van beide koerante, alvorens die inhoud van die botsingsverslag bekend gemaak sou word.

Ashna Suiker, ‘n Johannesburse suikerverspreider, se nommer is nêrens op die internet of Telkom navrae gelys nie, en kommentaar van die verspreider kon nie voor druktyd bekom word nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button