Ons lewer die bestes op by OH Frewin kompetisie
Die Middelburg Observer se joernaliste het in die jaarlikse OH Frewin kompetisie weer met die meeste pryse weggestap waaronder Joernalis van die Jaar wat deur die veteraan, Daleen Naude, ingepalm is.
Die beoordelaars was dr Pedro Diederichs, dr Lizette Odendaal, dr Johann de Jager, Sholain Govender-Bateman, Willie Meyer en Hilke Steenkamp: Departement Joernalistiek, Tshwane Universiteit van Tegnologie.
Kategorieë
Koppe:
Johann Gresse (Middelburg Observer) is tweede. Oor sy inskrywings sê die beoordelaars: Johann se inskrywings was pittig en hy het die vermoë om unieke koppe te skryf. Byvoorbeeld: “Cornelius EMBArraseer span”, “Dam! they can swim” en “Nandos kry Morokko speserye”.
Daleen Naudé (Middelburg Observer) stap weg met die titel, Koningin van die Koppe. Daleen het kreatiewe koppe gebruik soos “Koedoefff… Drawwer se bakkie tref yslike bul” en “Kattemaaier se stert geknip?”.

Rubrieke:
Eerste plek gaan aan Johann Gresse (Middelburg Observer). “Johann se wedervaringe word baie humoristies aan die leser vertel en sy beskrywings maak die leser deel van sy selfuitdagingstog. Die reeks van selfuitdagingstories verleen ook tematiese kontinuïteit aan sy weeklikse rubriek. Dit is ‘n lekker leeservaring om saam met die skrywer op ‘n reis te gaan en die insluiting van lesers se kommentaar aangaande sy mylpale kleur die stories in. Johann se unieke, komiese en prettige uitkyk op die lewe voeg beslis waarde toe tot die Middelburg Observer.”
Plaaslike regering:
Tweede Gerhard Rheeder.
Menslike nuus:
Daleen Naude eindig tweede en Gerhard Rheeder derde.
Sport:
Johann Gresse se gemaklike skryfstyl en gebruik van sterk woorde en beelde om die boodskap oor te dra, besorg aan hom die eerste plek. “Hy gebruik goeie opsommings aan die einde van berigte en talle toepaslike aanhalings om die kopie lewendig te hou. Woorde soos tweelingdinamietpak, afgeblits en konings van die Hoëveldkryt getuig hiervan.”
Harde nuus:
Jana Boshoff eindig derde.
Ondersoekende verslaggewing:
Daleen Naudé se reisagent-swendelaar reeks besorg aan haar die derde plek.
Jana Boshoff het vanjaar met die louere wegstap. “Haar werk getuig van deeglike navorsing om kwellende sake soos afpersing en prostitusie oop te vlek.
Joernalis van die Jaar: Tweede Gerhard Rheerder en Daleen Naudé eerste.
Beste voorblad:
Middelburg Observer.




