Local newsNews

Tent in pad blok verkeer

Inwoners van Uitbreiding 18 was die naweek stomgelsaan oor 'n tent wat in die pad opgerig is.

Die Observer het gaan ondersoek instel en gevind dat die reuse markiestent oor die padoppervlak in Ametissingel opgerig is, en dat verkeer heeltemal deur die tent geblok was.

Dit is onduidelik wat die geleentheid was maar inwoners sê dit blyk dat dit ‘n begrafnis was, omdat die meeste voertuie wat daar was, van die begraafplaas se rigting gekom het.

Veiligheidshoof, mnr. Ahmed Seedat, het bevestig dat sy departement geen skriftelike versoeke vir die oprig van ‘n tent ontvang het nie.

Hoof van verkeer, me. Pamela Mkosi, wat aansoeke vir die oprig van tente goedkeur, sê sy het ook nie goedkeuring verleen vir enige begrafnistent die afgelope naweek nie.

Sy sê dat daar wel soms spesiale toestemming gegee word vir die oprig van tente op paaie wanneer die familie van die oorledene nie plek in die erf vir die tent het nie.

Daar is egter net sekere gedeeltes van die dorp waar dit goedgekeur word en Uitbreding 18, met sy talle parke en oop erwe, is volgens haar mening nie een van die areas waar ‘n tent in die pad goedgekeur sou word nie.

“Ons het egter geen klagtes uit die gemeenskap ontvang oor die tent in die pad nie,” het sy Maandag bevestig.

Me. Mkosi waarsku dat boetes opgelê sal word aan diegene wat hulself skuldig maak aan die oprig van tente sonder toestemming.

“Toestemming word slegs vir begrafnisse verleen,” verduidelik sy, en las by dat geen troue of ander patytjie die nodige goedkeuring vir die oprig van ‘n tent in die pad sal kry nie.

‘n Besorgde inwoner, wat daagliks in die area ry, maar nie daar bly nie, het die Observer van die tent in kennis gestel.

Niemand wat tydens die Observer besoek by die tent was, wou sê wat presies die geleentheid was nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button