Local newsNews
Video: Waterkanonopleiding by rivier
Lede van die Openbare Orde Polisiëring (OOP) het waterkanonopleiding by die Klein Olifantsrivier gedoen.
Vele inwoners was bekommerd toe hulle die polisievoertuie en al die polisiemanne by die rivier sien en daar is gegis dat ‘n lyk in die rivier gesoek word.
Met nadere ondersoek het die Observer gevind dat dit die OOP is wat besig is met opleiding.
Die lede het waterkanon-opleiding gekry van Maandag tot Vrydag onder leiding van kapt. Dolf de Bruin (kursusleier).
Volgens kapt. De Bruin het hulle geleer hoe om water van ‘n oopwater sisteem (soos ‘n rivier of dam, in dié geval die Klein Olifants) te trek, wanneer daar nie ‘n brandkraan naby is nie.
• Meer foto’s van die opleiding.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



