Local newsNews

VIDEO: Pienk bome geplunder

Die Pienk Bome vir Pauline-veldtog lok deesdae talle vandale uit hul gate.

Talle inwoners het al by www.mobserver.co.za gekla dat die pienk lap om hul bome geskeur of gesteel word.

Die lap van agt bome is voor me. Ena van den Berg se huis in Weeberstraat gesteel.

Die skade beloop sowat R400 en ’n ooggetuie beweer dat dit twee dogters in skooldrag was, wat die skade berokken het.

Donderdag het die plaaslike Rotariër organiseerder vir die Middelburg projek, me. Leigh Brandmuller, www.mobserver.co.za meegedeel dat die diefstalle en vandalisme oral in die dorp gerapporteer word.

Op 6 Oktober, net ure nadat dit opgesit is, het drie jong mans in ’n kar by voor die OK in Suid, uitgespring en al die lap van die bome afgeruk.

Die winkel se CCTV kameras het die boosdoeners op hul plundertog vasgelê.

Die projek sal einde November tot ’n einde loop.

Diegene wat aan die insamelingsveldtog vir kankerpasiënte in Middelburg wil deelneem, kan die lap aankoop teen R20 per meter.

Aankope kan gedoen word by die Ninfa Tuinsentrum, Kumon of die CMR kantore.

Navrae kan gerig word aan Leigh by 082 800 2255.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button