Local newsNews

Video: Pienaardam die leegste ooit…

Pienaardam is weer kommerwekkend leeg en pogings om water vanuit Middelburgdam na daar te pomp, was verlede week onsuksesvol.

Volgens Pienaardam se eienaar, mnr. Gerrie Gerrits, is die dam op een van sy laagste vlakke ooit en herinner die situasie aan verlede jaar, toe baie streng waterbeperkings opgelê is.

Daar is Dinsdag gepoog om water vanuit Middelburgdam na Pienaardam te pomp, maar daar was ‘n lekkasie en die krane is toegedraai.

Die lekkasie is dadelik deur die munisipaliteit herstel, maar in stede van om water weer na die dam te pomp, is die reservoir neffens Columbus volgetap, en maak die munisipaliteit nou staat op gravitasie vanaf die reservoir na Pienaardam wat die week stelselmatig volgetap sal word.

Die pyplyn is in staat om 36 megaliter water na die reservoir te pomp.

Die pyplyn van Witbankdam af, is ingespan om water direk na die waterwerke in Middelburg te tap, om te verhoed dat die dorp ook watertekorte soos Hendrina sou deurmaak.

Mnr. Rudolf Bouwer sê dat groot probleme op Hendrina ervaar is en dat dié area se reservoir Sondag volgetap is.

Die tekorte op Hendrina was as gevolg van ‘n breek op die hoofwaterlyn vanaf Optimum wat gesuiwerde water aan die dorp lewer.

“Ons het so bietjie probleme ervaar, maar dinge is op dreef,” sê mnr. Bouwer.

Almal sit nou hande en vryf vir ‘n goeie reënbui, nadat daar wel ‘n paar druppels op Paul Krugerdag geval het.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button