Local newsNews
Video: ’n Huis vir Ocean
Sy trippel opgewonde as iemand aangestap kom en hardloop uitbundig in die staparea rond.
Ocean, ’n pragtige twee jaar oue labradorteef, is aan die Dierebeskermingsvereniging geskenk, aangesien die eienaar nie verder na haar kon omsien nie.
Dié hond is baie vriendelik en is een van ’n hele paar diere wat aangeneem kan word by die DBV.
Ander honde wat gereed is vir aanneming is: jong poedel/Jack Russel kruising hondjies, twee foksterriër hondjies, ’n jong worshond kruising en ’n worshond wat al ’n rukkie in die hokke is.
Persone wat honde wil aanneem (die koopprys sluit inenting, ontwurming en sterilisasie in), kan die DBV bel by 013 246 1201.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



