Local newsNews

Krappie sterf op Delmaspad

Die welbekende mnr. Wynand (Krappie) Hattingh (73) is opslag dood in 'n ongeluk op die Delmaspad.

Mnr. Hattingh (‘n konsultant in die Ontplofbare Stowwe industrie) was oppad na ‘n myn in Delmas, toe hy sowat drie kilometer voor die myn beheer oor sy voertuig verloor en dit gerol het.

Hy was vir 20 jaar ‘n polisieman, waarna hy as konsultant begin werk het.

Sy dogter, Anèlle, het hom beskryf as ‘n baie ordentlike persoon en dat hy respek afgedwing het in sy werk. “Mense het baie respek vir hom gehad. Hy het ‘n indruk op almal gemaak.”

Sy sê hy was ‘n goeie voorsiener vir sy gesin en “‘n wonderlike oupa. Hy wou almal altyd help.”

Mnr. Hattingh word oorleef deur sy vrou, Alet, kinders Jacolette en Anèlle, skoonseuns en kleinkinders.

‘n Gedenkdiens word Dinsdag om 10:00 uit die NG Kerk, Kanonkop gemeente, gehou.

• Jacolette het vanaf Kanada gevlieg om haar pa se roudiens in Middelburg by te woon.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button