Local newsNews
Wonderwerk na ongeluk
“Dit is ’n absolute wonderwerk van die Here af dat iemand lewend uit daardie trok kon kom.”
Dit was die woorde van mnr. Alwyn Botha (Van Thunder Insleepdienste) Dinsdagoggend vanaf ’n ongelukstoneel op die N4.
Dit blyk dat die trokdrywer, mnr. Sylvester Thokomalo (van Famous Fresh), aan die slaap geraak het. Hy was met ’n vrag vanaf Johannesburg na Elekwatini (Nelspruit) onderweg toe die trok die pad verlaat het sowat twee kilometer voor die tolhek (eMalahleni na Middelburg se rigting).
Met noodspanne se aankoms op die toneel, was hulle bykans seker dat niemand die ongeluk kon oorleef het nie. Almal was verstom toe mnr. Thokomalo byna ongedeerd uit die trok gekruip het. Hy het net sy groottoon gebreek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!




