Bejaarde vies vir vulstasies
'n Bejaarde inwoner glo sy is by vulstasies ingeloop en dat daar te min brandstof in haar karretjie gegooi is.
Me. Engela de Bruyn sê sy vertel haar storie sodat “mense wakker kan word.”
Daar is volgens haar by twee geleenthede nie die hoeveelheid brandstof ingegooi soos wat sy gevra het by Kanonkop Vulstasie nie.
“As ‘n mens brandstof ingooi, is die vorige bedrag nog op die pomp. As jy nie kyk dat hulle hom weer tot op nul kanselleer nie, kan hulle jou inloop. So as jy vra hulle moet R200 ingooi en hy is nie terug by nul nie, dan gooi hulle net R100 in. Ek het nou die dag R200 ingegooi en toe ek by die verkeerslig kom, toe sien ek my brandstofmeter het glad nie gelig nie!”
Sy het met ‘n kaart betaal en toe sy haar strokie nagaan, het sy gesien die bedrag is R200. Sy sê die joggie se kommentaar was: “Enigiemand kan ‘n fout maak.’ Maar wat as ek nie gekyk het na my strokie nie?”



