CrimeNews

Grafte geplunder – gemeenskap slaan twee erg

Grafskenders het op Middelburg toegeslaan en versierings van grafte afgesteel en selfs metaalplate wat grafte identifiseer verwyder. Een is die graf van ’n polisieman.

’n Grafskender het ornamente by ’n sake-onderneming in die middedorp probeer verkwansel en twee mans wat grafte geplunder het, is Tokologo vasgetrek. Hulle is erg deur die gemeenskap aangerand.

•Me. Joey Scholtz sê ’n jong man het omstreeks 11:30 by Parsons Engineering ingestap met ’n houer vol versierings. Hy het vir haar gesê dat sy “alles kan kry vir R100.”

Sy het vir hom gesê dat sy nie iets gaan koop as sy nie sien wat in die houer is nie. Die houer is oopgemaak en binne in was verskeie ornamente, asook potte. Me. Scholtz het onraad vermoed en hom gekonfronteer.

“Ek het vir hom gesê dit is van grafte af gesteel en dat ek die polisie gaan bel!” Die man het die houer goed net daar gelos en laat spaander.

Verskeie artikels, soos ’n granietpot en -poppies, wat waarskynlik van kindergrafte af gebreek is, is in die houer gevind. Daar is ook ’n moontlikheid dat van die ornamente uit tuine kan kom.

• Dieselfde aand is twee mans in Tokologo gearresteer met verskeie artikels wat van grafte af gesteel is.

•Ouers daag gereeld by die koerant se redaksiekantoor in trane op, nadat items van hulle kinders se grafte gesteel is.

• Persone wat vermoed dat van die ornamente moontlik van hulle geliefdes se grafte of uit hul tuine gesteel is, kan by die redaksiekantoor van die Middelburg Observer daarna kom om dit op te eis.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button