Krieketlegende in hospitaal
Die krieketlegende, Clive Rice, is Maandag in die Zuid Afrikaanse Hospitaal in Pretoria opgeneem het die Observer bevestig.
Die hospitaal wou egter nie die rede vir sy opname of inligting oor sy toestand bekendmaak nie.
Sy opname is wel bevestig.
Dit is ook deur ’n ander pasiënt van Middelburg bevestig.
Rice was ’n gevreesde Suid-Afrikaanse regterhand kolwer wat internasionaal sy deurbraak vir die land gemaak het, hoewel kortstondig.
Tydens sy uittrede uit professionele krieket, het hy ’n vinnige tot medium spoed regter boulhand gehad wat teenstanders laat les opsê het.
In 2010 was hy in die nuus weens sy siening dat beide Bob Woolmer, die Pakistanse afrigter, en oud Protea kaptein, Hansie Cronjé, se dood gekoppel kon word aan wedstrydknoeiers en beroepswedders.
Sy indrukwekkende krieketloopbaan is gekortwiek deur die isolasie van Suid-Afrikaanse sportspanne van internasionale kompetisies.
Hy het egter drie eendag wedstryde in die groen en goud gespeel voor voor hy halt geroep het.
Zuid Afrikaanse hospitaalbestuurder, mnr. Tienie van den Berg, het bloot gesê “ek het gehoor hy’s hier opgeneem”.



