Local newsNews

Bielie vis is blind

'n Tweede blinde vis is in die Middelburgdam gevang.

Na dekades van hengel het oom Nic Kruger (76) Maandag sy “all-time” rekord vis, soos wat hy dit trots noem, gevang.

Die bielie van ‘n karp wat hy uit die Middelburgdam getrek het, het die skaal op ‘n allemintige 13,5kg laat kreun…maar die vis het geen oë nie.

Die wyfie karp was vol eiers.

Die vis het slegs holtes waar haar oë moes wees.
Die vis het slegs holtes waar haar oë moes wees.

Chris Nortman het in Mei vanjaar ook ‘n bielie van ‘n karp sonder oë in dieselfde dam gevang.

Mnr. Kruger sê dat mnr. Nortman toevallig teenwoordig was toe hy die vis gevang het en dat hulle vermoed dat dit moontlik dieselfde dame kan wees.

Dit is egter onmoontlik om die visse op die foto’s te vergelyk, omdat die een in die dag en die ander in die nag geneem is.

Vandat hy ‘n hoërskoolseun by die Hoër Tegniese Skool in Middelburg was, is mnr. Kruger ‘n kranige hengelaar. Hy het by Columbus gewerk tot sy aftrede.

Dit het mnr. Kruger 20 minute gevat om die vis, wat hy met ‘n piesang floatie gelok het, kant toe te bring. “Ek het maar stadig gespeel, omdat ek met ‘n 10 pond lyn vang. Ek kon nie hard trek nie.”

Die vis is van nader bekyk en afgeneem voordat sy weer in die water vrygelaat is.

Chris Nortman met sy karp wat hy drie maande terug gevang het.
Chris Nortman met sy karp wat hy drie maande terug gevang het.

•Mnr. Nortman se karp het 12.46kg geweeg en hy het hom ook met ‘n Tiger Nut en ‘n Banana Floatie geflous.

Die karp was ook heeltemal blind (hy het geen oë gehad nie!).

Hy het vermoed dat die Kormorant voëls een van die skuldige partye kan wees. Hierdie voëls vang baie vis en kan selfs visse se oë uitpik.

Volgens mnr. Nortman groei ‘n vis sowat ‘n kilogram per jaar as die toestande gunstig is en hy skat die ouderdom van die karp wat hy gevang het op tussen 12 en 14 jaar.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button