Local newsNews
Video: Sonja, die foto en die teddies
'n Foto wat in 1976 aan 'n jong weermaglid gegee is, het 'n wye draai van Bourkes Luck tot Pienaardam gemaak.
Die organiseerder van die Teddiebeer Teepartytjie, Andries du Preez, het dié foto aan Sonja Herholdt oorhandig wat deur die redakteur van die koerant, Tobie van den Bergh, geteken is.
As jong troep in 1976 was hy een van haar grootste aanhangers en sy het aan hom ‘n klein swart en wit getekende fototjie gegee terwyl hy wag gestaan het by 7 Suid-Afrikaanse Infanterie Bataljon.
Hy het ‘n vergroting van die foto gemaak en dit is tydens die Teddiebeer Teepartytjie Saterdag by Pienaardam aan haar oorhandig (hierdie keer was die foto deur hom geteken!).
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



