Local newsNews

Ridder op die wit perd

Soos 'n regte "ridder op die wit perd" het 'n man by sy meisie se werk opgedaag en die jawoord gevra.

Al die huurders by Fountain Square het verlede week by die deure uitgehang om die groot vra gade te slaan.

In sy volle riddersmondering het Quintus Kruger aangery gekom en gestop voor die Green Apple Restaurant. Sy “prinses”, Joanne Petzer, het hand oor die mond na buite gekom toe sy die lawaai hoor.

En soos dit ‘n ware ridder betaam, het Quintus op sy een knie gaan staan en die jawoord gevra.

Quintus vertel laggend dat hy op dié ridderlike skouspel besluit het, omdat hy wéét dat Joanne tydens een van hul eerste afsprake ‘n paar jaar gelede gesê het dat sy droom van “a knight in shining armor”, wat natuurlik ‘n “ridder op die wit perd” beteken.

“Ek het dit gedoen om haar droom te verwesenlik!” Hy sê hy is vas van plan om voor die einde van volgende jaar voor die kansel te staan.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button