VIDEO: Motorfietsryer breek sleutelbeen
'n Motorfietsryer het Vrydagmiddag 01 Augustus 2014 sy sleutelbeen gebreek in 'n ongeluk in Lilian Nogyistraat.
Mnr. JP van Altona (22) sê hy het omtreeks 12:00 in Lilian Ngoyistraat vanaf McDonald’s se rigting opgery Kanonkop se kant toe met sy 1 000cc Suzuki SV motorfiets.
Net verby die SADC-verkeerslig het ‘n wit Toyota Venture vanaf ‘n besigheid aan die linkerkant reg voor hom ingedraai.
“Ek het vir hom toeter geblaas, maar dit was te laat en ek het hom op sy deur getref.” Die bestuurder van die Venture, mnr. ES Mavuso, het geen beserings opgedoen nie.

Mnr. Van Altona is na die Life Midmed Hospitaal afgevoer, waar gevind is dat sy sleutelbeen gebreek is. Hy het genoem dat hy Dinsdag ‘n ortopeed moet sien om te bepaal of hy vir ‘n operasie moet gaan.
• Die ongeluk is deur CCTV-kameras in die omgewing op video vasgelê.



