CrimeNews

Nog ’n plaasaanval

’n Boer van die Laersdrift omgewing is Woensdagnag 30 Julie in sy huis deur rowers oorval.

Volgens inligting was daar vermoedelik drie mans wat die boer vasgebind het op ’n stoel en toe van sy besittings, onder andere wapens, gesteel het.

Boere van die omgewing het dadelik opgeruk en deur die nag help soek na die rowers.

Teen vanoggend 08:00 was hulle steeds besig om spore te volg.

Dit blyk dat die boer nie ernstige beserings tydens die rooftog opgedoen het nie.

Jana Boshoff van die Middelburg Observer webblad is tans besig om inligting op te volg.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button