Local newsNews
VIDEO: Middies redaksie besoek Observer
Hoërskool Middelburg se koerantredaksie het die Middelburg Observer Woensdagmiddag 30 Julie 2014 besoek waar hulle op ’n toer deur die drukkery geneem is.

Die entoesiastiese leerlinge was verstom oor die koerant se ryke geskiedenis, wat sedert 1903 strek, en het hulle ook vergaap aan die reuse Community Goss rolpers.
Hulle is blootgestel aan die lewe van ’n joernalis en ook die nuutste tegnologie soos die koerant se webblad.
Johann Gresse moes ook bontstaan toe die redaksielede hom met vrae gepeper het.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



