Die Werk vir Wateprojek het etlike maande gelede die meeste bloekomreuse langs die rivier afgemaai en het die bome soos lyke langs en in die Klein Olifantsrivier gelê.
Me. Dalene Lambrechts (parkehoof) het sowat twee weke gelede gesê dat dit een van hul volgende groot projekte is wat aangepak sal word en die naweek het hulle ingespring en begin met opruimingswerk!
Die bome is met groot masjinerie uit die water gelig en in klein stukkies opgesaag. Vele mense kon van die hout laai en die res is afgevoer na Avalon waar dit vir minder gegoede mense vir vuurmaakhout geskenk is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



