Local newsNews

Rowers vat R300 000 se trokbande

Rowers het weggekom met R300 000 se trokbande nadat hulle drade geknip en 'n sekuriteitswag met 'n wapen aangehou het.

Volgens mnr. Francois Hattingh (algemene bestuurder, Rietfontein Riviersand) het die rowers op vier plekke die drade geknip, die sekuriteitswag oorrompel en hom met ‘n wapen aangehou.

Hy is gedwing om vir hulle te wys hoe die beheerstelsel werk.

Die beheerkamer het hom op ‘n stadium gebel om te hoor wat aangaan, maar met die wapen op hom gerig, kon hy net bevestigend antwoord.

Op CCTV-videomateriaal kon hulle later sien dat een van die rowers selfs elke kort-kort die knoppie op die betrokke tyd gaan druk het, sodat die kontrolekamer via die sein verseker kon wees die “wag” doen sy roete op die werf.

Daar kan gesien word hoe ongeveer 15 mense hierna op die trokke toesak op die sewe trokke (vier trokke van Rietfontein Riviersand en drie van VIP Plant Hire) en bande begin steel.

Sowat 30 bande is gesteel. Op sommige trokke is tot ses bande per trok gevat en die trok is net op klippe gelos. Die booswigte het omstreeks 03:00 eers met hul buit van die erf af weggery in ‘n Mitsubishi Canter trokkie.

Mnr. Hattingh sê die rowers was só oorlams dat hulle die beste bande uitgesoek het en dié wat binnekort vervang moes word, sommer langs die trokke laat lê het. Hulle beraam die skade op sowat R300 000.

• Die besigheid loop erg onder diefstalle deur. In die afgelope paar maande is ook duisende rande se diesel gesteel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button