Local newsNews

Peep! Peep! Sho’t left…

Die nuwe taxi-staanplek wat in aanbou is by die OK in Suid, is besig om inwoners om te krap, omdat die ontwikkeling teen 'n slakkepas beweeg en slegs die plaveisel reeds gelê is. Die staanplek is op die hoeke van Jeppe- en Hoogstraat.

Die omgewing word reeds as optel- en aflaaipunte gebruik, hoewel daar nog geen onderdakwagareas, toilette of asdromme staangemaak is nie.

‘n Vrou wat naby die staanplek bly, sê daar word broek losgemaak teen haar mure en dat haar klagtes op dowe ore val.

DA raadslid, me. Ammelia Struwig, sê sy is bewus van die klagtes wat instroom maar dat die projek op die geïntegreerde ontwikkelingsplan van die raad is en oor vyf jaar, soos fondse beskikbaar gestel word, voltooi sal word.

“Aansoek vir die staanplek is reeds twee jaar gelede deur die gemeenskap gedoen en deur die DA op die ontwikkelingsplan, wat bepaal word deur die gemeenskap, geplaas,” sê sy.

Sy glo steeds dat die projek ‘n reuse bate sal wees na afhandeling daarvan. “Die area word al jare as informele oplaaipunt deur taxis gebruik,” sê sy. Die karwas, wat munisipale toestemming het, is aan die anderkant van die kompleks wat na ure geweldig besig is.

Die eenrigting-konsep is juis ingebring om verkeersvloei by die besige OK sentra te help stuur.

“Ons verstaan dat die vloei van verkeer tans belemmer word deur die taxis wat nié die eenrigting vloei van verkeer in die parkeerarea gehoorsaam nie,” het raadslid Struwig bevestig.

‘n Ontwikkelaar, Matiyane Projects, wat ook verantwoordelik is vir die bou van strate in Uitbreiding 18, is reeds aangestel om die staanplek, wat tydens die vorige finansiële jaar goedgekeur is, te bou.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button