‘n Oproep is omstreeks 15:00 na die beheerkamer gemaak waarin die inbeller beweer het dat ‘n jong meisie op die punt was om haar lewe langs die dam te neem.
Die SAPD het daarheen gejaag om die meisie te probeer stop, maar ‘n lang soektog kon niks oplewer nie.
Die area waar daar gesoek is, is ommuur en moeilik bereikbaar wat die polisie laat vermoed dat dit dalk ‘n gekskeerdery was.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



