Local newsNews

Bekende kunstenaar oorlede

Die welbekende kunstenaar, mnr. Charles Flanagan, is na ’n lang siekbed en behandeling in die Steve Bhiko Hospitaal oorlede.

Volgens familielede het hy ’n intense en pynlike lyding gehad.

Mnr. Flanagan is Woensdagoggend, net na 06:00 in sy slaap in die hospitaal in Pretoria oorlede.

Mnr. Flanagan was ’n bekende kunstenaar in die dorp, wat ook uitstekende raamwerk gedoen het.

Hy sal onthou word vir die voortreflike renoster wat hy vir die Horingfees ’n paar jaar gelede geskilder het. Sy liefde was egter portretstudies, alhoewel hy meer diere geskilder het, omdat daar ’n groter aanvraag vir dit was.

Sy blomstudies was ook gewild onder sy aanhangers. Hy het deur die jare verskeie ander kunstenaars opgelei in die fyner kunsies van skilderkuns.

Hy sal baie gemis word, veral deur sy studente, wat soveel vreugdevolle dae saam met hom deurgebring het, sy Godgegewe talent waardeer en inspirasie daaruit geput het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button