Local newsNews

Man se oorskot lê dag in veld

'n Werknemer van Truck Centre het vir meer as 'n dag in die veld langs die N4 gelê, voordat sy oorskot tydens 'n roetine patrollie van die N4 Trac hulpdiens gekry is.

Mnr. Chris de Beer (48) het Saterdagaand nog saam met vriende by El-Paso (eMalahleni) gekuier.

Daarna het hy verdwyn.

Sy vrou, Elsie, sê hulle het teen Sondag bekommerd begin raak omdat hy nie huistoe gekom het nie en hulle het gedink hy is gekaap.

Sy het probeer dat die voertuig-opsporingsmaatskappy na hom soek.

Sy het egter geen hulp gekry nie, want hulle wou met mnr. De Beer praat (die eienaar van die voertuig) en al het sy probeer verduidelik dat dit juis hy is wat weg is, wou hulle nie help nie.

Me. De Beer sê hulle vermoed die ongeluk het waarskynlik omstreeks 00:30 Sondagoggend, sowat ‘n kilometer voor die tolhek (vanaf eMalahleni se rigting) plaasgevind.

Daar was geen remmerke nie en sy dink hy het moontlik aan die slaap geraak.

Volgens me. De Beer was hy ‘n diabeet en hy het onlangs ook ‘n hartaanval gehad.

Die lykskouing het aangedui dat mnr. De Beer opslag dood is (hy het sy nek gebreek).

Hy is uit sy BMW geslinger en het sowat 30m vanaf die wrak gelê.

Me. De Beer sê haar man was altyd bereid om ander te help en dat hy ‘n toegewyde werker was.

Hy word oorleef deur sy vrou, Elsie, en twee seuns, Tiaan en Arno.

Die begrafnis was Saterdag in Pretoria (waar mnr. De Beer se kinders woonagtig is).

• Sowat drie weke gelede (9 Mei) het me. De Beer haar suster, Sonja Lewis, ondersteun tydens die begrafnis van haar lewensmaat van die afgelope 14 jaar, mnr. Jano Senekal. Mnr. Senekal is etlike dae nadat hy met ‘n motorfiets geval het by die Blinkpan Dam oorlede.

Hy het nooit sy bewussyn herwin nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button