Local newsNews

Deur rylopers vermoor

'n Boer van die Stoffbergdistrik het Maandag vertel hoe hy vir ure op 'n moordtoneel vir die polisie moes wag nadat die trokdrywer van 'n gekaapte skrootmetaaltrok, Donderdag deur sy kapers geskiet, en in die ry uit die kajuit gegooi is.

Mnr. Hein Engelbrecht sê hy was op pad na hul plaas, Uitkyk, sowat 500 meter vanaf die kontantwinkel, toe hy op die bebloede toneel afkom.

Die trok is helder oordag, omstreeks 13:00, by die vulstasie ongeveer 20km van Stoffberg, gekaap deur drie mans.

Die oorledene, ‘n Zimbabweër met die naam, Tonderai Kenneth Mukome, se werkgewers Captsone in Drie Riviere, het Maandag gesê die trok was van Burgersfort af onderweg Vanderbijlpark toe met die vrag.

Volgens Nicky van Deventer van Capstone, vermoed hulle dat hy die drie mans by die Stoffberg vulstasie opgelaai het.”Ons weet hy het gereeld mense opgelaai en hy is telkemale aangespreek hieroor,” sê Nicky.

Capstone wag nou vir Tracker om te kyk waar Kenneth oral gestop het, en hoe lank hy daar vertoef het, voor die moord.

Kenneth is moontlik in die trok in sy linkersy geskiet en deur die mans uitgegooi waar hy in die teerpad beland het.

Die oorledene se internasionale rybewys wat net in sy eie land nie geldig was nie.
Die oorledene se internasionale rybewys wat net in sy eie land nie geldig was nie.

Hein, wat op pad was huistoe vir middagete het op hom in die teerpad afgekom en gemerk dat die kapers ‘n hele ent verder beheer oor die trok verloor, sy plaasdrade platgery, en in die veld tot stilstand gekom het.

Hulle het die trok net daar gelaat en gevlug.

“Ek het die polisie om 13:45 gebel en toe weer al om die uur tot 16:00, maar hulle het bloot weggebly,” sê Hein.

Hy het self vir ‘n geruime tyd by die oorledene gewaak maar moes later terug werk toe.

Hein het een van sy werkers op die toneel gelos om hom te ontbied as die polisie kom.

“Ek het die oorledene se sefloon, beursie en die troksleutels by my gehou,” sê Hein wat ook moes bontstaan om te verhoed dat hulle beeskudde oor die platgetrapte plaasheinings ontsnap.

Hy sê die polisie het eers omstreeks 16:45 by die toneel opgedaag maar dat Kenneth hom teen dié tyd reeds doodgebloei het.

Volgens Capstone was Kenneth beslis alleen in die trok en wil dit voorkom of hy nie, soos beweer word in die trok geskiet is nie, want daar is geen bloed in die kajuit gewees nie.

Nicky het bevestig dat Kenneth se selfoon in die trok gekry is en dat daar nie met die Trackersisteem gepeuter is nie.

“Ons vermoed dat die mans bloot agter die vrag skrootmetaal aan was,” sê Nicky.

Kenneth se liggaam sou Dinsdag Zimbabwe toe gevlieg word vir sy begrafnis.

Hy was in Suid-Afrika met ‘n geldige internasionale rypermit waarme hy as drywer by Capstone aangestel is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button