Local newsNewsUpdate

Update: Bulle besluit nog oor radiobaas

Die Blou Bulle het verlede week gepoog om alle rolspelers in die rassisme-sage teen dr. Willem du Toit van Radio Kragbron, om een tafel te kry, maar die joernaliste wat klagtes teen hom ingedien het, stel nie belang nie.

‘n Vergadering is vir Vrydag met die klaers en dr. Du Toit gereël, maar weens werkdruk kon die joernaliste dit nie bywoon nie.

Een van die klaers, ‘n bekroonde sportskrywer, sê hy voel die Blou Bulle het nou alleenmandaat oor die saak.

“Ek voel ons klagtes is ingedien en dat dr. Willem daarop moet antwoord, om mooi broodjies te bak gaan niks positiefs tot die saak toevoeg nie,” glo die joernalis.

Nie een van die klaers het intussen hul klagtes teen dr. Du Toit, wat sê joernaliste span met voorbedagte rade teen hom saam, teruggetrek nie.

Van die joernaliste het prontuit gevra dat hy uit die perskamer gesit word nadat hy onlangs soontoe geskuif is uit die presidentslosie deur die Blou Bulle maatskappy.

Die Blou Bulle se uitvoerende hoof, mnr. Barend van Graan, sê dat die saak intern hanteer word en dat hy op dié stadium geen kommentaar oor die aangeleentheid het nie.

Lees die vorige berig.

Hy het dit egter kristalhelder aan dr. Du Toit gemaak dat die maatskappy ‘n “zero toleransie” sal openbaar teen rassisme by Loftus.

Die Observer het dr. Du Toit gebel maar hy het die telefoon neergeplak sonder enige kommentaar.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button