Local newsNews
VIDEO: Kar brand uit
'n Volkswagen Polo het Saterdagaand naby die treinbrug op die Ou Witbankpad (R555) uitgebrand.

Omstanders sê dat die bestuurder aan hulle gesê het dat die kar net ewe skielik begin brand het.
Al die insittendes kon betyds uit die motor kom. Die brand het vermoedelik as gevolg van ‘n kortsluiting ontstaan.
Die motor het vir ‘n geruime tyd daarna steeds langs die pad gestaan omdat die man nie versekering het nie en nie van insleepdienste gebruik kon maak nie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



