Flopsport
Dit was 'n koue wintersaand toe Groblersdal op Middelburg kom rugby speel het. Nou, as jy van die Bosveld af by Kranspoort uit is, slaan die koue jou, dan is jy nie lus vir rugby nie.
So daag Groblersdal se tweedes met net veertien spelers op.
Hulle speel, maar hulle raak sleg agter. Dis toe dat Oom David van Rensburg die ou met af kakebeen langs die veld so een kyk gee:
“Jy speel rugby met jou hande en voete, nie met jou kakebeen nie, gaan tog.”
En as Oom David praat, luister jy. Agt rolle pleister later en afkakebeen lyk soos ‘n mummie…net sy een oog steek uit.
By die eerste losskrum sien jy net so wit ding by een kant in en anderkant uit en weer van die veld af.
Toe weet ons waarom is afkakebeen se kakebeen af. By Suidoos-Transvaal vergaderings het dit stil geword as Oom David ‘n spreekbeurt het.
Sy samajoor snor het in gelid gewip wanneer hy praat, links-regs, links-regs…En nou is Oom David ook uit die bos gekap – van die Suidoos bome is daar min oor.
•Laat weet Drummond Hammond:
Four reasons why South Africa produces great rugby players:
1. They learn to braai with mielie stronke at a young age,
2. They learn how to get meat for the braai and biltong at a young age,
3. They learn to listen to their folks at a young age (with dire consequences if they don’t),
4. They learn to play competitive rugby barefoot,
5. They wake up to the beautiful African Sky!
•Wat maak Oom Kallie daar? Oom Kallie vat ‘n stywe dop, en laat sy skoene na Loskop gallop… Eers gedink die krom omie het per ongeluk in die stroom beland, wat verby die Ouetehuis is tydens die Loskop, toe Hein Koch sê “nee, dis Oom Kallie Beneke en hy hardloop elke jaar die wedloop…en hy doen dit vanjaar op 73!”.
•Nou waar was die boere vanjaar? Die gewildste stalletjie met sy plaasimplemente en entoesiastiese jongmanne is gemis.
•Entrepreneur! Daar was ‘n nie-amptelike deelnemer oor die eerste vyf kilometer, swart sak in die hand, kerkskoene, langbroek. En sover hy hol tel hy T-hemde op.
•”Waar esh my kraal, ek soek my kraal” het een van die agterosse laat hoor. En toe hy so oor die horison verdwyn roep hy uit: “Die agteros hy kom ok ennie kraal”.
•Oud, grys, jonk, mooi, mooier, groot, groter…hulle was almal Saterdag daar.
•Die Ouagtte rugbyspan het Saterdag weer vir vele komiese oomblikke gesorg. Die unieke reëls maak voorsiening vir ‘n witkaart wat die speler dwing om eers ‘n bier te gaan drink en kort lynstaan beteken spelers moet op hulle knieë wees.
•Groot lof gewees vir die wyse waarop Middelburg Rugbyklub die rugbydag aangebied het. Daar was Harleys, Pumatjie, selfs die burgemeester was daar.
•Die Bulls kan verskoon dat hulle aanhou verloor. Kan nie anders met net veertien spelers op die veld nie. Jono Ross is daar, maar eintlik afwesig.
•Daai lekker krieketpartytjie het weer begin, die IPL. Die grootste kopseer is watter span om te ondersteun. Seker die een met die meeste Suid-Afrikaanse spelers in?
•Benna en Fenna teen Poerie en Piesang. Klink na poeding! Die oudleerlinge wedstryd gaan weer herleef en natuurlik sal Dolf met sy breërandhoed ook daar wees.
•Nick Cummins, die honey badger, die ratel. Saterdag druk die honey badger drie drieë vir die Western Force in ‘n span gelaai met Suid-Afrikaners. Besluit maar self of hy regtig soos ‘n ratel lyk.



