Nuwe tegniek maak hand skoon
'n Nuwe tegniek is gebruik om die gedenkhand by die Loskop Damwal stofvry skoon te maak.
Mnr. Richard Stone (van Samu Projects) en sy span het die hand skoongemaak met ‘n tegniek wat hul maatskappye ontwikkel het.
Hy sê dat hulle die enigste maatskappy in Suid-Afrika is wat hierdie metode gebruik waar sandbespuiting (sandblasting) betrokke is.
Hulle gebruik sponsrubber met die masjiene tydens die proses, wat hulle “Sponge Blast” noem. Dit beteken dat daar geen stof is tydens die skoonmaakproses nie!
Mnr. Stone en die ander direkteure, mnre. Wimpie, Johan en Nico van Wyk, het besluit om hierdie skoonmaakproses by die gedenkhand gratis te doen. “Dit is ons deel wat ons bydra tot die bewaring van ons geskiedenis.”
•Lees ook berig op bladsy veertien van vandag se koerant.



