EntertainmentLifestyleLocal newsNews
Veerpyltjies hier om te bly
Die Steve Tshwete Veerpyltjie Ope vind Saterdag by Middelburg Rugbyklub se kroeg plaas. Inskrywings begin reeds om 12:00, met die eerste pyltjies wat om 14:00 deur die lug sal trek.
Kleredrag is ‘n swart broek en kraaghemp, terwyl geen denims, T-hemde of tekkies toegelaat word nie.
Daar sal ‘n kontantkroeg en kos beskikbaar wees.
• Indien jy belangstel om veerpyltjies te speel, kan jy Maandae en Woensdae van 19:00 by Middelburg Rugbyklub gaan speel.
Vir meer inligting, bel Hermien by 083 609 5981 of Fielies by 083 280 9183.
Steve Tshwete Darts Club wil hul borge bedank vir die suksesvolle stigting van die klub.



