Mieke en Reinhard Jonker was Armand Hofmeyr se grootste ondersteuners tydens sy optrede Vrydagaand by die Kosmos Kunstefees.
Bekende sangers soos Armand Hofmeyr, Snotkop en Jay het opgetree.
Een van die hoogtepunte by die fees, was die uitdunne vir die SA Sterkmankompetisie, wat onder leiding van Garth Collins aangebied is.
Nog ‘n Middelburger wat spiere gebult het by die sterkmankompetisie is Roland Fincham.
Die pas verkose mev. Kosmos Kunstefees 2014, Juanita Rootman, saam met die bekende Garth Collins (wat in beheer was van die SA sterkmankompetisie by die fees).
Middelburg se eie Hernus Scholtz (19) het sy staal gewys by die sterkmankompetisie. Op die foto word hy aangemoedig deur Andre Sweeney. ‘n Video waar Hernus ‘n trekker buiteband van meer as 300kg meer as ses keer omrol verskyn op die Observer se webtuiste by www.mobserver.co.za
Elanri Smit spog met ‘n pienk haredos wat sy by een van die stalletjies gekoop het.
Die mallemeule het vir meer as genoeg vermaak gesorg vir die tieners én die kleingoed. Kenzo-Dodd Smit (2) waai vir die joernalis terwyl hy treintjie ry. Kyk op die webtuiste van die Observer by www.mobserver.co.za na die video van die nuwe Zipper wat die eerste keer in Suid-Afrika bekend gestel is by die Kosmos Kunstefees.
Ma Juanita Vermaak met klein Cornelius, Ollie die Nar, en pa Corrie met klein Henrico.
Klein Zoë Nel het die vertoning van Ollie die Nar (in agtergrond) terdeë geniet.
Die sanger “Jay” het groot aanhang geniet. Kyk op die Observer se webtuiste, www.mobserver.co.za hoe die dorp sy optrede ondersteun het.
Mieke en Reinhard Jonker was Armand Hofmeyr se grootste ondersteuners tydens sy optrede Vrydagaand by die Kosmos Kunstefees.