Local newsMunicipalNews

VIDEO: Selfs die duiwe het stil geword…

Voor in die optoggie het 'n dromslaner die dodemars met reëlmaat aangekondig: "Dóém, dóém dóém...!" Dóém..dóem...dóem...!" Tot die duiwe in die sipresbome het stil geword.

In ‘n swart perdekarretjie was ‘n wit kissie, simbolies van ‘n kindjie wat in die konsentrasiekamp gesterf het.

“Net die Vader in die hemel sal weet hoeveel trane van ons moeders, broers en susters die aarde in hierdie kampkerkhof benat het”.

Tydens Vrydag se seremonie, wat die verf van kindergraffies in Kanonkop voorafgegaan het, het Marita Hattingh, wat die rol van ‘n ma gespeel het, die trane swaar weggesluk toe sy ‘n ruiker na die wit kissie moes dra.

John-Roe Coetzee en sy sussie, Christilize, van Laerskool Dennesig, het Vrydag gehelp verf. By hulle is 'n kennisgewingbord wat in drie tale aangebring is.
John-Roe Coetzee en sy sussie, Christilize, van Laerskool Dennesig, het Vrydag gehelp verf. By hulle is ‘n kennisgewingbord wat in drie tale aangebring is.

In ‘n ry was ongeverfde kindergraffies stille getuienis van hierdie dag se onthou.

Met die verskroeide aarde beleid in 1900 was dit sekerlik heel anders.

Mens kan jou indink die rou snikke wat oor die grasvlaktes weerklink het waar Kanonkop nou is. Ma’s wat dag na dag by ‘n oop graf moes staan.

Dikwels was die geel varkore, waar Steelcrest High School geleë is, die enigste blommetjie om op ‘n graffie te sit.

Die ergste taak was seker die van grafgrawers – ‘n span mans wie se werk dit was om die gate te grawe.

Sien video:

 

•Nadat dr. Kobus Terblanche met ‘n sterk-skor stem ‘n gebed gedoen het, het ds Nicolaas Steenekamp ‘n kort geskiedenis van die tydperk gegee. Die kinders het daarna die wit verf bestorm en geverf…en onthou..

•Daar is 1384 kindergraffies op die dorp, 227 in Kanonkop. Een van die grafte is van ‘n vrou wat gesterf het. Sy het agt kinders agtergelaat, waarvan die jongste vier jaar oud was.

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button