Feëtjiemooi na die reën
Die deurdringende reën is vir dié skouspel verantwoordelik. Maar wie sou kon raai dat hierdie dodelike swam, ja dit is nie ‘n plant nie, so ‘n interessante siklus kan hê. Op “Mieliestronk” (‘n webtuiste vir skooltake) word gesê dat swamme se wêreld verborge is. Die deel van die swam wat ons sien, is slegs die …
Die deurdringende reën is vir dié skouspel verantwoordelik.
Maar wie sou kon raai dat hierdie dodelike swam, ja dit is nie ‘n plant nie, so ‘n interessante siklus kan hê.
Op “Mieliestronk” (‘n webtuiste vir skooltake) word gesê dat swamme se wêreld verborge is. Die deel van die swam wat ons sien, is slegs die “vrug” van die organisme.
Die lewende liggaam van die swam is ‘n sogenaamde miselium, wat bestaan uit ‘n web van klein veseltjies wat swamdrade of skimmeldrade (hifes) genoem word.
Die miselium is in die meeste gevalle weggesteek in grond, hout of ‘n ander voedselbronne.

‘n Miselium kan so groot soos ‘n miertjie wees of verskeie hektaar bedek.
Die vertakkende swamdrade kan elke dag een kilometer by die totale lengte van die miselium voeg. Hierdie webbe lewe ongesiens totdat hulle in paddastoele, sampioene, stuifswamme, knolswamme, sogenaamde duiwelsbrood of ander vrugliggame ontwikkel.
As die miselium vrugliggaampies van mikroskopiese grootte produseer, kan ‘n mens maklik die swam nooit eens opmerk nie.
Die lewensiklus van die meeste swamme is ingewikkeld en sluit gewoonlik ‘n seksuele en ‘n aseksuele fase in. Hulle plant meestal voort deur middel van spore, piepklein deeltjies protoplasma wat deur wande omsluit word. Twaalf miljard of meer spore kan op die vrugliggaam van ‘n gewone paddastoel vorm.
Swamme plant glad nie soos blomplante voort nie, waar die vrugbeginsels deur stuifmeel bevrug en saad geproduseer word. Hulle vermeerder meestal deur middel van spore, klein deeltjies protoplasma wat deur wande omsluit word.
Wanneer die spore van ‘n paddastoel op die grond val, ontkiem hulle as die toestande gunstig is (soos nou met die reën).
daleen@mobserver.co.za




