En so kom alle goeie dinge tot ‘n einde.
Die Hoërskool Goudrif se revue was een reuse sukses.
Elke twee jaar bied Goudrif ‘n produksie aan, dié jaar “Droom Merchant”, wat handel oor een van die skool se eie rugbyspelers se droom.
Die produksie was van uitstaande gehalte; die klank, beligting, kostuums en talentvolle kinders het alles bygedra tot ‘n opvoering wat nooit vergeet sal word nie.
Goudrif het weer eens bewys dat, met harde werk, is alles moontlik.
