{"id":99777,"date":"2019-08-05T12:19:20","date_gmt":"2019-08-05T10:19:20","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=99777"},"modified":"2019-08-05T15:44:21","modified_gmt":"2019-08-05T13:44:21","slug":"lily-mtsweni-se-merkwaardige-pad-na-bo-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2019\/08\/05\/lily-mtsweni-se-merkwaardige-pad-na-bo-2\/","title":{"rendered":"Lily Mtsweni se merkwaardige pad na bo"},"content":{"rendered":"<p>Di\u00e9 merkwaardige verhaal begin met Lily se ma, Martha Mtsweni, wat \u2019n ernstige gesprek met haar werkgewer, Ena van den Berg, gehad het oor haar ongemak om haar baba gewoon n\u00e1 haar geboorte na die ouma te stuur om groot te maak.<\/p>\n<p>Dit is ongelukkig weens \u2019n gebrek aan ondersteuningsnetwerke iets wat alte gereeld gebeur.<\/p>\n<p>Martha \u00e9n Lily se pa het in daardie stadium by Ena van den Berg gewerk. Martha as huishulp van die Van den Berg-gesin.<br \/>\nEna s\u00ea toe \u201cKom ons maak \u2019n plan.\u201d<\/p>\n<p>Sy onthou die dag toe Lily gebore is. Martha is dieselfde dag nog ontslaan en die piepklein bondeltjie het haar eerste lewensnag in die Van den Bergs se huis deurgebring.<\/p>\n<p>Sy is nou nog daar.<\/p>\n<p>Ena is vandag soos \u2019n tweede ma vir haar. \u2019n Mens sou kon s\u00ea die Van den Bergs se dogter, Len\u00e9, het daardie dag \u2019n sussie ryker geword.<\/p>\n<p>\u2019n Baie spesiale band het tussen Lily en Len\u00e9 ontstaan \u2013 een wat \u2019n enorme invloed sou h\u00ea op die gebeure tydens ATKV-Redenaars se eindronde by Goudini op 1 Augustus vanjaar.<\/p>\n<p>Toe Martha weer begin werk, het sy Lily in \u2019n appelboks al agter haar aangesleep en die oulike baba het diep in almal se harte ingekruip.<\/p>\n<p>Dit was sommer gou duidelik dat di\u00e9 bietjiemensie \u2019n ysere wil het om soos haar sussie te wees &#8211; Len\u00e9 se pad, van Mpumalanga na die modew\u00eareld van Europa, is self merkwaardig.<\/p>\n<p>Sy het n\u00e1 skool vir \u2019n hele paar jaar namens ICE Model Management oor die w\u00eareld heen op loopplanke verskyn, veral in Europa. Sy is nie net mooi nie, sy is slim ook en spog vandag met \u2019n BCom-honneurs-graad.<\/p>\n<p>Lily wou, nes haar sussie, ook presteer. Die gemeenskap van Middelburg het dit raakgesien en \u2019n weldoener het besluit om Lily se skoolgeld te borg, sodat sy by die Laerskool Staatspresident C.R. Swart kon skoolgaan.<\/p>\n<p>Daar het haar passie en vasbytvermo\u00eb haar ook laat uitblink en vanjaar is sy as die onderhoofmeisie van die skool aangewys.<\/p>\n<p>As redenaar het sy gou haar slag gewys. Sy het verlede jaar reeds die eindronde van die ATKV-Redenaarskompetisie gehaal en toe besluit sy gaan in 2019 die ATKV-Redenaars wen.<\/p>\n<p>Wen of nie, om tot die finaal deur te dring is reeds \u2019n besonderse prestasie. Dit was egter nie net Lily se prestasie nie, maar die van die hele gemeenskap. Haar familie was bankvas agter haar &#8211; dit was veral duidelik in haar toespraak.<\/p>\n<p>Lily het tydens die ATKV-Redenaars-kompetisie aan die gehoor vertel hoeveel sy haar sussie, Len\u00e9, bewonder. Len\u00e9 was ook in die gehoor, so ook Lily se ma, Martha, en haar ander ma, Ena. Almal wat Lily ondersteun het, was daar by die geleentheid by die ATKV-Goudini Spa vir die ATKV-Redenaars.<\/p>\n<p>Kort v\u00f3\u00f3r die prysuitdeling het Martha Mtsweni bitter trots langs haar meisiekind gaan staan. Selfs in daardie baie benoude oomblikke het die jong Lily se o\u00eb geglinster terwyl sy vertel het hoekom haar toespraak oor haar sussie gaan.<\/p>\n<p>Hoekom dan so gespanne?<\/p>\n<p>\u201cLily het regtig gekom om te wen,\u201d s\u00ea Ena.<\/p>\n<p>Hulle weet die mededinging was sterk, maar daardie ysere wil van die, steeds klein, mensie is steeds daar. Sy w\u00f3\u00fa vanjaar wen.<\/p>\n<p>Kort n\u00e1 die foto\u2019s geneem is, gaan die deure oop en kon die verrigtinge begin.<br \/>\nVerskeie pryse in verskeie kategorie\u00eb is toegeken.<\/p>\n<p>Toe kom die aankondiging: Beste Taalgebruiker in die ATKV-Redenaars se eindronde vir Laerskool Graad 6 \u2013 7, Addisionele Taal gaan aan Simpiwe Lily Mtsweni, Laerskool Staatspresident CR Swart.<\/p>\n<p>Lily was trots, dit was duidelik, maar sy het vir die ander aankondigings gewag.<br \/>\nDerde plek: Pabalelo Pabi Kgolane, Laerskool Julian Muller.<br \/>\nTwee plek: Sisamkele Cekiso.<\/p>\n<p>En toe, die wenner van die ATKV-Redenaars se eindronde vir Laerskool Graad 6 \u2013 7, Addisionele Taal: Simpiwe Lily Mtsweni, Laerskool Staatspresident C.R. Swart!<\/p>\n<p>Presies hoe groot die ondersteuning vir Lily is, kon \u2019n mens n\u00e1 die tyd sien. Vir meer as \u2019n halfuur het sy en die res van die familie vanaf Goudini talle mense by die Laerskool Staatspresident C.R. Swart en die res van die gemeenskap gebel. Dit was immers \u2019n spanpoging.<\/p>\n<p>Een van die oproepe was van Ena na Lily se wiskundeonderwyser.<\/p>\n<p>Sy kommentaar? \u201cDis uitstekende nuus, maar s\u00ea asseblief vir Lily sy moet vanaand eers ontspan en hoef haar nie nou oor m\u00f4re se huiswerk te bekommer nie.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Lees ook:<\/h2>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/99417\/nagwedloop-c-r-swart\/\" target=\"_blank\">Nagwedloop by CR Swart<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/99328\/potjiekos-en-boerewors-kampioene-gesoek\/\" target=\"_blank\">Potjiekos- en boerewors kampioene gesoek<\/a>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/99226\/pappa-aap-dink-mammegaai-n-vrytjie\/\" target=\"_blank\">Pappa aap dink \u2018mammegaai\u2019 is \u2018n vrytjie<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/99173\/video-stoffbergpad-eis-nog-n-lewe\/\" target=\"_blank\">Stoffbergpad eis nog \u2018n lewe<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h3>Soek jy nuus op \u2019n drafstap?<\/h3>\n<p>Stoor ons bystand nommer\u00a0(072 248 3855) en stuur ons \u2018n Whatsapp boodskap met die woorde \u201cAdd me\u201d om deel te word van ons uitsaailys.<\/p>\n<p>\u201cLike\u201d ons op\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MiddelburgObserver\/\" target=\"_blank\">Facebook<\/a>, of volg ons op\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">Twitter<\/a>\u00a0en\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.instagram.com\/mobserver\/?hl=en\" target=\"_blank\">Instagram<\/a>.<\/p>\n<p>Volg ons\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">YouTube<\/a>\u00a0kanaal.<\/p>\n<p><a class=\"anchor_post\" href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/newsletter-signup\/\" target=\"_blank\">Kliek op die skakel<\/a>\u00a0om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry<\/p>\n<h3>Het julle vir ons \u2019n storie?<\/h3>\n<p>Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer\u00a0072 248 3855, of stuur \u2018n e-pos aan ons redakteur\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"mailto:tobie@mobserver.co.za\" target=\"_blank\">tobie@mobserver.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In Afrika is daar \u2019n s\u00eading: dit neem \u2019n gemeenskap om \u2019n kind groot te maak. Lily Mtsweni is \u2019n goeie voorbeeld daarvan.<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":99798,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Press Release","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[19745,10367,10118,19746,19744,10450,10366],"class_list":["post-99777","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-atkv-redenaars","tag-betroubare-nuus","tag-laerskool-cr-swart","tag-lily-mstweni-wen-atkf-redenaars","tag-lily-mtsweni","tag-middelburg-nuus","tag-plaaslike-nuus"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["ATKV redenaars","betroubare nuus","laerskool cr swart","lily mstweni wen ATKF redenaars","lily mtsweni","middelburg nuus","plaaslike nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/99777","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=99777"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/99777\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/99798"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=99777"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=99777"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=99777"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}